Markverslag

24 Februarie 2022

Ons was bevoorreg om die afgelope 12 maande werklik positiewe groei op ons beleggings te beleef.

Die 12 maande groeikoers op einde Januarie, op Blaulfin Moderate Aggressive saamvatfonds was 22%.
Dieselfde termyn het Coronation en Allan Gray gebalanseerde fondse 17% gelewer.

Die werklikheid van 2022 het egter ingeskop en ons Alle Aandeel Indeks sukkel nou om bo 75000 punte te bly. Ongelooflik om te dink dat daardie Indeks ‘n jaar gelede onder 58000 punte gehuiwer het.

Ons wereld is nogal baie deurmekaar. Die politieke woelings laat ons wonder of daar aan belangrike landsake aandag gegee word. Die begroting het ons darem so klein bietjie verligting gebring. Die buiteland is onRUStig oor die dreigemente wat heen en weer vlieg.

Die positiewe is dat ons beleggings steeds teen so 3x bank rente groei. Ons klop steeds die huidige inflasiekoers baie ver.

My voorstel is kom ons hou mekaar ingelig en bly gefokus op die regte beleggings besluite.  


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149